
Die oorsprong van Alpynse bokke is die Franse Alpe. Hierdie bokke is gesog vir besonderse waardevolle bokmelk en uitstekende melk eienskappe. Hulle word geteel vir huishoudelike melk en melkprodukte wat gesog en gesond is. Hulle het ʼn groot raamwerk wat hul in staat stel om baie melk te produseer sonder om die ooi se gemak te kompromitteer. Hulle dien nie net as hoogs geskikte surrogaat moeders vir hanslammers van angoras en skaaplammers nie maar is waardevolle vennoot vir mens moeders wat nie self kan borsvoed nie. en is dikwels die oplossing vir babas wat nie akkordeer met kunsmatige baba melk nie of reaksie daarteen het.
Alpynse bokke floreer op persoonlike aandag en vertroeteling, is baie liefdevol hoewel hulle fisies matig tot groot diere is. ʼn Volwasse bok weeg rondom 60 tot 70 kilogram en meet ongeveer 75 tot 80 cm by hul skouerblaaie, hoewel gewoonlik baie grasieus kan hulle hardloop teen 25 km/uur. Hulle word 15 tot 18 jaar oud. Hulle gemiddelde aanwas is 1.75 en bereik reeds geslagsrypheid op 2 jaar.
Alpynse bokke is gewoonlik swart en wit met kenmerkende lyne op die lyf en oor die gesig wat ʼn baie aantreklike en fassinerende uitdrukking aan hul gee. Hulle het geel strooikleurige kalm oë wat tot in jou siel kyk. Hulle het meestal skerp lang effe gekromde horings, regop ore, dikwels spog ook die ooie met ʼn pragtige baard en dikwels twee natuurlike sagte wit en swart fluweel klokkies om hul nek.
Alpynse bokke het ʼn natuurlike vriendelike geaardheid en ontlok spontaan om met wedersydse sorg, agting en respek hanteer te word!
Alpynse Kudde
Die kudde op Mosheshesford floreer en wei onder die leding van Bella -die enigste wat ʼn klok dra op die plaas. Hierdie kudde bestaan uit die beste saamgestel uit kuddes vanaf Brandfort in die Vrystaat, Adelaide in die Oos Kaap en Clocolan in die Vrystaat. Hier wei hul gelukkig saam in een kudde, onafskeidbaar, geheg aan mekaar met Bella die leier, die wyse moeder en die planmaker.
Die kombinasie van rivieroewer met berghange en uiterste klimaatsomstandighede waar seisoene mekaar kras afwissel bied ʼn unieke weidings geleentheid en uiteenlopende gewasse vir die bokke om in te wei. Die natuurlike habitat grasvlaktes en ouhout, die vrugte blare en blomme van die wilde roos (Rosa rubiginosa (Sweetbriar), die kenmerkende aroma van artimisia afra (wilde als) en Urticales dioca (brandnetel) word verder gekomplimenteer met aangeplante gewasse soos lusern, koring rog en mielies en bied hierdie smake afwisselend deur die seisoen ʼn kenmerkende en unieke smaak aan die Alpynse bokmelk wat nie nagemaak kan word nie en uniek is.
Hierdie melkkudde word toegelaat om self hul eie unieke wei dinamika te bepaal en kom dan teen sononder spontaan en trots aanmeld om gemelk te word.
Bokmelk bevat belangrike vitamiene, soos A, B, C, D, E, asook spoorelemente (kalium, kobalt, magnesium, yster) en besonders heilsaam vir been ontwikkeling. Dit is opmerklik dat dit aansienlik verskil in samestelling van die melk van ander diere (selfs koeie). Dit is veral die feit dat bokmelk geen alfa kaseïne bevat wat nie en daarom baie minder allergies is vir babas. En dat bokmelk se kaseïne soortgelyk is aan menslike moedersmelk. En dat die laktose in bokmelk selfs laer is as in moedersmelk en daarom baie sagter is op kinders wat laktose onverdraagsaamheid het. Hoewel bokmelk gemiddeld 4,4 % vet bevat is die molekule so klein dat dit 100% verteerbaar is en die grootste deel daarvan boonop poli onversadigde vette is en nie in cholesterol verander nie.
Druk hier om jou kaas bestelling te maak!
Mosheshesford Cheese
contact: Jaco Schoeman @ 083 651 0739



