Image
Druk hier: Lees Ons Kase in AFRIKAANS

Kase wat op Mosheshesford gemaak word is volgens die tradisionele tegnieke. Slegs suiwer Alpynse bok kaas direk vanaf bokmelk op die plaas wat gepasteuriseer is word gebruik. Slegs natuurlike mesofiele en termofiele kulture word gebruik asook mikrobiese renet en vegetariërs vriendelik. Weens die feit dat bok kaas ook mono en poli onversadigde vette bevat is die kaas boonop veel gesonder. Dit tesame met die wonderlike smake wat bok kaas gee wat dikwels besonderse gekompliseerde geure gee weens die weidings dinamiek, die hoogte bo seespieël en die seisoenale variasie maak hierdie bok kaas elke keer ʼn unieke produk. 

Geniet hierdie wonderlike produk - Bok kaas!


 

MAG kase

 

 

 

  1. Sagte kase 
    1. Chevre is die Franse beskrywing van bok kaas. Dit is ʼn vars sagte kaas in vorms of in rolle. Die rolle kan op versoek gerol word in gedroogte tamatie, kruie biltong of ander. Die vorms kan ook gegeur word met paprika, kersies. Jelopino of rissies.
    2. Effense verouderde chevre ge-inokuleer met Geotricum candida ook beskikbaar op bestelling.

 

  1. Harde of semi harde kase. 
    1. Edam. Oorsprong in die Noordelike dele van Nederland. Hierdie semi harde kaas se geure raak dieper en meer kompleks wanneer dit verouder. Dit kan dus op verskillende stadium genuttig word vir verskillende smaaksensasie te ervaar.  
    2. Tradisioneel uit sentraal Switserland waar die diere langs varswater strome wei en ʼn soeterige kaas vorm. MAG Ementhaler word uit ʼn kombinasie kulture mesofilies en termofilies gemaak en by verskillende temperature geberg en verouder en klasieke ogies of gate ontwikkel met tyd. Die bekendste Emmentaler is moontlik die Jarslberg. MAG kaas Ementhaler wat dieselfde eienskappe het is bekend as die Drakensberger. Soos in Switserland wei die bokke by die varswater strome van die Kraai rivier en die Suidelike hellings van die Drakensberge en kan die kaas goed vergelyk met die Jarlsberg.
    3. Gouda het ook sy wortels in die suidelike dele van Nederland. Hierdie semi harder kaas het kenmerkend ʼn aangename geur en digter kern wat afhangende van sy veroudering van ʼn sagte tot skerper smaak ontwikkel soos wat dit verouder. MAG Gouda word vir minstens 3 maande verouder voordat dit tot sy reg kom. Hoe ouer -selfs jare - hoe beter.
    4. Cheddar van bok melk is ʼn arbeidsintensiewe proses omdat die “cheddaring” of pakking van kurd ʼn lang proses is. Die intensiteit van die smaak hang ook af van die verouderings proses en verpakking. Kommersieel word cheddar in plastiek omhulsel of in vakuum verpak. Was omhulsels is ook gewild maar klassieke gaas gebinde omhulsel bly die fynproewer se keuse hoewel korsvorming verder bydrae tot ʼn unieke produk.
    5. Verskeie variasies van bogenoemde kase word by geleentheid gemaak wat klein subtiele verskille in smaak na vore bring. Dit is veral die soeter en ligter Havarti kaas van Deense afkoms, effens sponsagtig met vakuole wat al hoe meer ʼn gunsteling raak weens sy veelsydigheid op sy eie of as byvoeging tot ander komplekse disse.

 

Om te kors of nie te kors nie. To rind or not to rind.

 

Natuurlike kaas kors word gepleeg met gereelde borsel en seel met soutwater en olyfolie. Soms word die kors aangevul deur met ʼn alkohol basis te behandel soos wyn of whiskey terwyl die helende en antimikrobiese eienskappe van natuurlike heuning en koffie ook ʼn besonderse kaas kors bied. Dit bied verdere uitdagings aan kaas connoisseurs en gee soveel meer karakter aan die wonderlike produk – Bok kaas. 

 

 

 

Click here to order your cheese!

 

<back

Mosheshesford Cheese


contact: Jaco Schoeman @ 083 651 0739
email: navrae@magcheese.co.za

Order Your Cheese

© 2026 MAGcheese. All Rights Reserved.